NOT FOR PROFIT | REGISTRATION NUMBER: 2009/004578/08 | SARS REFERENCE: 9208/576/17/4

ADOPT A DRUG ADDICT

ARTIKELS OOR DWELMVERSLAWING

BREAK FREE NOW FROM ADDICTIONS, POVERTY, AND FEAR – DON’T DELAY!

 

 

‘n Wipplank Rit tussen Drank en Dwelms.
(Die Getuienis van Jaco)

Die Einde van Verslawing - 'n Nuwe Boek!Ek was vars uit die skool, matriek uitslae net gekry, toe ek begin drink het. Aan die begin was dit nie baie nie, so n paar doppe hier en daar. Mettertyd het dit al hoe meer gereeld geword, en ook groter hoeveelhede. So het dit aangegaan vir jare sonder dat ek ooit gedink, of besef, het dat drank my hele lewe begin oorvat het. Ek kon myself nie meer geniet sonder om n paar drankies in te hê nie. Al my vriende wat ek daardie tyd gehad het het gedrink, en al die plekke waarna toe ons gegaan het was kuierplekke waar drank vrylik gevloei het.

Drank verander pesoonlikhede, en in my geval het dit n geweldadige kant van my na vore gebring. Ek was kort kort in n bakleiery betrokke gewees, ek het gevoel dat ek daardeur ander se respek/erkenning kon kry. Respek wat ek gevoel het niemand vir my gehad het nie aangesien ek op skool baie geboelie was. My gedrinkery, en bakleiery, het later so erg geword dat dit met my werk ingemeng het en ek rondgeval het van werk tot werk.

Toe ek tot die besef kom dat ek n ernstige drank problem het het ek, in plaas van om profesionele hulp te gaan soek, myself gekeer tot dwelms. Die mense wat my daaraan voorgestel het het n prentjie geskilder van vreedsame saamwees, met geen geweld nie. En dit was net mooi na wat ek op soek was. Aan die begin was dit dan ook beter, met die nuutheid daarvan wat gemaak het dat ek nie baie op n slag gebruik het nie. Maar sonder dat ek dit agtergekom het het die patroon homself weer herhaal, die kere wat ek gebruik het het al hoe gereelder geword, en die hoeveelhede al hoe meer. Een verslawing was veruil vir n ander.

So het dan n wipplank rit begin tussen drank en dwelms, elke keer wat een voel of hy handuit ruk ruil ek hom in op die ander. Teen daardie tyd het ek weer begin baklei ook, maak nie saak op wat ek was nie.n Ernstige motorfiets ongeluk, waarin ek amper dood was, het dinge nog vererger. In plaas dat ek dit sien as n klop van die Here aan my deur, sien ek dit toe as net nog meer rede om te drink en dwelms te gebruik . Die bakleiery het ook meer geword, totat daar een aand iemand dood is op pad hospitaal toe na n bakleiery.

 

Terwyl die hofsaak aangegaan het was ek weer in n bakleiery, wat my dan ook my eerste ontmoeting met die tronk besorg. Daar kry ek dan toe n voorsmaakie van wat my lewe gaan wees as ek sou aanhou om aan te gaan soos wat ek het. Nadat ek op borgtog vrygelaat is het ek n paar keer kerk toe gegaan, en probeer om my lewe agtermekaar te kry, maar vriende het weer vir my belangriker as die Here geraak. Dit is ook dan geen wonder dat ek maar net weer die goed begin doen het wat my in die eerste plek in die moeilikheid laat beland het nie. Nie eers die huisares wat my opgelê is vir my aandeel in iemand se dood kon my wegkry van my gewoontes nie.

Terwyl ek onder huisares was beland ek weer in n bakleiery as gevolg van n vriend, en vir n tweede keer sou ek die binnekant van n tronk sien. Weereens hoor ek nie die klop van die Here nie, en raak so met tronk bendes deurmekaar. Ses maande in my vonnis van nege maande,terwyl ek besig is om te baklei, raak die Here my aan en sien ek in my geestes oog hoe my hele toekoms voor my afspeel. Ek sien hoe ek die res van my lewe in die tronk deurbring, en dit laat my so groot skrik dat ek sommer ophou baklei en na my sel terug gaan.
 

Stop sonder brieke: Ontsnap uit dwelmverslawing


Stop sonder brieke:
Ontsnap uit dwelmverslawing
Skrywer: Jath van der Westhuizen

Was R39.95
Nou R33.96

 


Daardie aand gaan ek na n man toe in ons sel wat al geruime tyd vir my vertel dat ek my hart vir die Here moet gee, en op my kniee gee ek vir die eerste keer gehoor aan die geklop aan my deur. Daar begin die Here toe ook so aan my te werk dat nie net uit die bendes uit wegkom nie, maar ook bybelstudie groepe saam met n ander paar ouens begin. Dinge het net al hoe beter geword, soveel so dat ek heeltemal weg gekom het van dwelms.

Die hof het my na twee jaar en drie maande se verhoor skuldig bevind aan twee klagtes van aanranding met die doel om ernstig te beseer. My prokereur het my meegedeel dat daar vir my geen ander opsie gaan wees as tronkstraf nie, en dan ook sommer die landros gevra vir die minste tronkstraf moontlik. Terwyl ek in die hofsel gewag he tom my vonnis te hoor het ek gebid en die Here gevra om nie my kruis so swaar te maak dat ek dit nie kan dra nie. Groot was my verbasing, en ook almal wat die uitspraak gehoor het, toe ek slegs n opgeskorte vonnis opgelê word. Al die lof en die eer daarvoor kom die Here toe, want ek glo dat Hy die landros se hart aangeraak het.

Nadat ek uitgekom het het ek myself laat doop, en die Here gevra dat Hy my moet lei na dit wat Hy wil hê ek moet doen. Dit is dan ook hoekom ek hierdie getuienis aflê, want Hy sê in SY word dat ons moet getuig. Hy het my lewe drasties verander, en Hy doen so nog steeds.

 

ADOPT A DRUG ADDICT

© 2009 - ADOPT A DRUG ADDICT

E-mail : Webmaster : tiamysoa@gmail.com